2 Thessalonians 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Selfs hy wie se koms is na die werking van Satan met alle krag en tekens en wonders van die leuen,
Afrikaans (NLV) 2011 Satan sal dit bewerk dat die wettelose mens se koms gepaardgaan met groot magsvertoon en tekens en vals wonderwerke.
Afrikaans 1933/1953 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen
Afrikaans 1983 Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaardgaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur die werking van Satan, sal die koms van die wettelose mens gepaard gaan met volle magsvertoon, met bedrieglike tekens en wonders,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die slegte leier begin werk, dan sal die Satan vir hom sê wat om te doen. Die slegte leier sal die krag hê om wonderwerke en ander wonderlike dinge te doen wat mense sal bedrieg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tot by die wederkoms sal hierdie goddelose figuur met al sy bose planne besig wees. Sy krag kom direk van Satan af. Daarom sal hy in staat wees om groot wonders en vals tekens te doen.