2 Thessalonians 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dan sal daardie goddelose geopenbaar word, wat die Here sal vernietig met die gees van sy mond en sal vernietig met die glans van sy koms. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | dán sal die wettelose op die toneel verskyn. Hy sal egter deur die asem uit die Here Jesus se mond doodgemaak en deur die glans van sy koms vernietig word. |
| Afrikaans 1933/1953 | en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, |
| Afrikaans 1983 | en dan sal die wettelose self op die toneel verskyn. Maar wanneer die Here Jesus kom, sal Hy hom met die asem uit sy mond verdelg en deur die glans van sy verskyning vernietig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En dan sal die wettelose mens geopenbaar word, die een vir wie die Here Jesus deur die asem van sy mond sal uitwis – ja, Hy sal hom deur die glans van sy verskyning vernietig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En dan sal almal kan sien wie die slegte leier is, die een wat glad nie na God se wette wil luister nie. En wanneer die Here Jesus kom, dan sal Hy hierdie slegte leier doodmaak, so maklik soos 'n mens iets met jou asem wegblaas. Ja, die slegte leier sal verdwyn wanneer hy sien dat die Here Jesus kom en dat Hy Koning is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal daardie goddelose mens sy opwagting maak. Natuurlik sal die Here Jesus persoonlik met hom afreken. Wanneer Hy terugkom na die wêreld toe, sal Hy hierdie goddelose figuur met een asemteug wegblaas. Sy glans en glorie is genoeg om hierdie wettelose mens in ’n oogwink te vernietig. |