2 Thessalonians 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die verborgenheid van die ongeregtigheid werk alreeds; net hy wat nou laat, sal dit laat totdat hy uit die weg geruim is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die wetteloosheid werk inderdaad alreeds in die geheim, maar net totdat die een wat dit terughou, uit die weg geruim is —
Afrikaans 1933/1953 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;
Afrikaans 1983 Die geheime krag van die wetteloosheid is al aan die werk, maar die een wat die wettelose teëhou, moet eers uit die weg wees,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die wetteloosheid is reeds in die geheim aan die werk, maar net totdat hy wat hom nog terughou, uit die weg geruim is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand weet dit nie, maar hierdie slegte leier laat mense nou al klaar besluit om nie na God se wette te luister nie. Maar daar is een wat hom keer, en wanneer daardie een nie meer daar is nie, dan sal almal dit weet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Agter die skerms is die bose magte hard aan die werk. Hulle wag net vir die oomblik wanneer die een wat die goddelose figuur terughou, self van die toneel verdwyn.