2 Thessalonians 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou weet julle wat dit weerhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan weet julle ook wat hom nog daarvan terughou om op sy bestemde tyd na vore te tree.
Afrikaans 1933/1953 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.
Afrikaans 1983 En julle weet nou wat hom nog teëhou, sodat hy eers as dit sy tyd is, sy verskyning sal maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En nou weet julle wat dit is wat hom terughou, om op sy eie tyd geopenbaar te word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is nou iets wat hierdie slegte leier keer, hy kan nie nou doen wat hy wil doen nie. Julle weet wat dit is wat hom keer. Hy sal net kan doen wat hy wil doen wanneer God besluit hy mag dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie goddelose mens is nog nie op die toneel nie. Hy word nog teruggehou. Ek het ’n hele paar keer vir julle vertel wie dit is wat hom keer om nou al sy verskyning te maak, want die tyd is nog nie reg vir sy koms nie. Maar moenie dink alles is rustig en veilig nie.