2 Thessalonians 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ons Here Jesus Christus self en God, onse Vader, wat ons liefgehad het en ons die ewige vertroosting en goeie hoop gegee het deur genade,
Afrikaans (NLV) 2011 Verder, mag ons Here Jesus Christus en God ons Vader — Hý wat ons liefgehad het en wat ons deur sy genade ’n ewige troos en ’n goeie vooruitsig gegee het — mag Hy self
Afrikaans 1933/1953 En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en 'n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het,
Afrikaans 1983 [16-17] En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade 'n blywende troos en goeie hoop gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En mag ons Here Jesus Christus self, en God, ons Vader, wat ons liefhet en uit genade aan ons blywende bemoediging en goeie hoop gee,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God ons Vader is nog altyd lief vir ons. Omdat Hy goed is vir ons, sal Hy ons altyd help om nie moedeloos te word nie. Hy help ons ook om aan te hou hoop dat daar goeie dinge sal gebeur. Ons bid dat ons Here Jesus Christus self en God ons Vader
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God ons Vader het ons almal baie lief, ons Here Jesus Christus ook. God se goedheid oorweldig ons keer op keer. Hy droog ons trane keer op keer af en Hy gee aan ons ’n vaste hoop vir die nuwe lewe wat voorlê.