2 Thessalonians 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, broeders, staan vas en hou vas aan die oorleweringe wat julle geleer is, hetsy deur woord of ons brief. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Met dit in gedagte, broers en susters, staan vas! Hou by al die oorgelewerde geloofswaarhede wat julle geleer het, of dit nou deur ons woorde of briewe was. |
| Afrikaans 1933/1953 | So dan, broeders, staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is •f deur 'n woord •f deur 'n brief van ons. |
| Afrikaans 1983 | Wees dan standvastig, broers, en hou vas aan die leer wat ons aan julle oorgedra het, of dit deur ons prediking of deur 'n brief was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom dan, broers, wees standvastig, en hou vas aan die oorlewerings waarin julle onderrig is deur 'n woord of 'n brief van ons af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom, vriende, julle moenie twyfel nie. Julle moet aanhou om alles te glo wat ons vir julle geleer het toe ons by julle was, en ook alles wat ons vir julle geskryf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Liewe broers en susters, staan sterk! Hou vas aan alles wat ek julle geleer het toe ek daar by julle was en aan dit wat ek in my briewe skryf. |