2 Thessalonians 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie, om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur die Goeie Nuus wat ons verkondig, het God julle hiertoe geroep sodat julle die heerlikheid van ons Here Jesus Christus kan verkry.
Afrikaans 1933/1953 waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.
Afrikaans 1983 Hy het julle hiertoe geroep deur die evangelie wat ons aan julle verkondig het, sodat julle deel kan kry aan die heerlikheid van ons Here Jesus Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het julle ook daartoe geroep om deur ons verkondiging van die evangelie die heerlikheid van ons Here Jesus •Christus te verkry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het vir julle die goeie boodskap oor Jesus Christus gebring, en so het God julle gekies om ook te behoort aan ons Koning en Here, Jesus Christus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is regtig net aan die Gees te danke dat julle nou glo. Toe ons die goeie nuus aan julle bekend gemaak het, het julle sy roepstem gehoor. Daarom sal julle ook deelhê aan ons Here Jesus Christus se heerlikheid. Julle sal eendag by Hom in al sy hemelse glans en glorie gaan bly.