2 Thessalonians 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ons is verplig om God altyddeur oor julle te dank, broeders geliefdes van die Here, omdat God julle van die begin af tot saligheid uitverkies het deur heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid.
Afrikaans 1933/1953 Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,
Afrikaans 1983 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons, egter, broers, behoort God altyd vir julle te dank, julle vir wie die Here liefhet, omdat God julle as eerstelinge gekies het om verlos te word, deurdat die Gees julle heilig, en deurdat julle die waarheid glo.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar vriende, die Here is lief vir julle. Ons wil altyd vir God dankie sê dat Hy julle gekies en gered het. Hy het julle eerste gered, en Hy sal nog baie ander mense red. God het julle gered omdat sy Gees julle harte oopgemaak het vir Hom, en omdat julle geglo het dat die boodskap oor Jesus Christus waar is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My liewe broers en susters, ek sê altyd vir God oor en oor dankie vir julle. Die Here het julle baie lief. En dis nie net lippetaal nie: God het julle al spesiaal uitgesoek om in Hom te glo. Julle is van die heel eerste mense wat tot geloof in Christus gekom het. Julle geloof is die gevolg van die Gees se werk in julle lewens. Hy het julle opsy gesit vir Homself. Daarom glo julle die waarheid.