2 Thessalonians 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle en julle in Hom verheerlik kan word volgens die genade van onse God en die Here Jesus Christus.
Afrikaans (NLV) 2011 So sal die Naam van ons Here Jesus verheerlik word deur wat julle doen. En júlle sal deur Hom verheerlik word op grond van die genade van ons God en die Here Jesus Christus.
Afrikaans 1933/1953 sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.
Afrikaans 1983 So sal die Naam van ons Here Jesus deur julle verheerlik word, en julle deur Hom, in ooreenstemming met die genade van ons God en van die Here Jesus Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat die Naam van ons Here Jesus onder julle verheerlik kan word, en julle in Hom verheerlik word, op grond van die genade van ons God en die Here Jesus •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons bid dat God dit sal doen sodat julle ons Here Jesus se Naam kan prys en sodat Hy vir julle ook kan prys. Al hierdie dinge kan net gebeur omdat ons God en die Here Jesus Christus goed is vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal julle ons Here Jesus se heerlikheid uitdra soos nog nooit tevore nie. Ander mense sal sien hoe groot en belangrik Hy regtig is. Op julle beurt sal julle met eer beklee word deur die Here. Dit is presies hoe die goedheid van ons wonderlike God en die Here Jesus Christus in julle lewens werk.