2 Thessalonians 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en om bewonder te word in almal wat glo (omdat ons getuienis onder julle geglo is) in daardie dag.
Afrikaans (NLV) 2011 Op daardie dag kom Hy om verheerlik te word deur dié wat aan Hom behoort en om bewonder te word deur almal wat tot geloof gekom het — ook deur julle, want julle het ons getuienis geglo!
Afrikaans 1933/1953 wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.
Afrikaans 1983 Dit sal gebeur op die dag wanneer Hy kom om verheerlik te word deur dié wat aan Hom behoort, om eer te ontvang van almal wat glo. Julle sal ook daar wees, want julle het ons getuienis aan julle geglo.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal gebeur op daardie dag wanneer Hy kom om deur sy •heiliges verheerlik te word – ja, om deur alle gelowiges bewonder te word – omdat ons getuienis teenoor julle geglo is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag wanneer Jesus kom, sal al die gelowiges vir Hom sê hulle is bly dat Hy kom en dat Hy hulle Koning is. Almal wat in Hom glo, sal Hom prys. Julle sal dit ook doen omdat julle geglo het wat ons vir julle vertel het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op daardie dag wanneer Christus terugkom, gaan al hierdie dinge waaroor ek nou met julle praat voor julle eie oë gebeur. Almal wat aan Hom behoort, sal dan in bewondering voor Hom kom staan. Julleself sal ook daar wees vir die fees, want julle het ons prediking met julle hele lewe geglo.