2 Samuel 9:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir hom: Moenie bevrees wees nie, want ek sal sekerlik guns aan jou bewys ter wille van jou vader Jónatan en jou die hele land van jou vader Saul teruggee; en jy moet gedurigdeur aan my tafel brood eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid sê vir hom: “Moenie bang wees nie! Ek sal na jou omsien ter wille van jou pa, Jonatan. Ek gee al die grond wat voorheen aan jou oupa Saul behoort het aan jou terug. Maar jy sal van nou af hier in my paleis eet.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid sê vir hom: Wees nie bevrees nie, want ek sal jou sekerlik guns bewys ter wille van jou vader Jonatan en al die grond van jou vader Saul aan jou teruggee, en jy self sal altyddeur aan my tafel brood eet. |
| Afrikaans 1983 | Dawid sê vir hom: “Moenie bekommerd wees nie, want ek het besluit om jou onder my sorg te neem ter wille van Jonatan jou pa. Ek gaan al die grond van jou oupa Saul aan jou teruggee, en boonop sal jy van nou af by my aan huis eet.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want ek sal beslis aan jou guns bewys ter wille van Jonatan, jou vader. Ek sal aan jou al die grond van Saul, jou voorvader, teruggee. Jy self sal gereeld aan my tafel brood eet.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir hom gesê: “Moenie bekommerd wees nie. Ek wil vir jou doen wat ek moet doen, ek het dit vir jou pa Jonatan belowe. Ek gee vir jou al die grond wat jou oupa Saul gehad het. En jy kan elke dag saam met my eet.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid sê vir hom: “Moenie bang wees nie. Ek sal vir jou net goed wees omdat ek en jou pa, Jonatan, sulke goeie vriende was. Ek gaan al jou oupa Saul se grond vir jou teruggee, en jy kan altyd by my kom eet.” |