2 Samuel 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het koning Dawid gestuur en hom uit die huis van Magir, die seun van Ammiël, uit Lodebar gaan haal.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Dawid het Jonatan se seun toe uit Makir se huis laat haal.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het koning Dawid gestuur en hom laat haal uit die huis van Magir, die seun van Ammiël, uit Lodebar.
Afrikaans 1983 Koning Dawid het hom toe laat haal uit Makir se huis in Lo-Dabar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Dawid het hom toe laat haal uit Lo-Dabar, uit die huis van Magir, seun van Ammiël.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Dawid het mense gestuur en hy het vir Mefiboset laat haal by die huis van Makir seun van Ammiël in Lo-Dabar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Dawid het mense na Lo-Dabar toe gestuur en hom by Makir se huis laat haal.