2 Samuel 9:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was uit die huis van Saul 'n dienaar met die naam van Siba. En toe hulle hom na Dawid roep, sê die koning vir hom: Is jy Siba? En hy sê: Dit is u dienaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul se hofhouding het ’n bestuurder gehad met die naam Siba. Hulle het hom na Dawid toe geroep. “Is jy Siba?” vra die koning. “Ja, my heer, ek is,” antwoord Siba. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die huis van Saul het 'n dienaar gehad, met die naam van Siba; en hulle het hom na Dawid geroep, en die koning het hom gevra: Is jy Siba? Toe antwoord hy: U dienaar! |
| Afrikaans 1983 | Hulle het toe vir Siba, 'n amptenaar van Saul se hofhouding, na hom toe laat roep. “Is jy Siba?” vra die koning hom. Hy antwoord: “Ek is u onderdaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was 'n dienaar van Saul se huishouding met die naam Siba. Hulle het hom na Dawid ontbied. Die koning het vir hom gevra, “Is jy Siba?” waarop hy geantwoord het: “Ek is u dienaar.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n amptenaar van die koningsfamilie van Saul, sy naam was Siba. Die mense het hom laat roep, en toe hy by Dawid kom, het die koning gevra: “Is jy Siba?” Hy het gesê: “Ja, wat kan ek vir jou doen?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was nog ’n man met die naam Siba wat vir Saul in die paleis gewerk het. Die mense het hom na Dawid gebring. “Is jy Siba?” vra die koning vir hom. Siba antwoord: “Ek is tot u diens.” |