2 Samuel 9:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Mefiboset het in Jerusalem gewoon, want hy het gedurigdeur aan die tafel van die koning geëet; en was lam aan albei sy voete.
Afrikaans (NLV) 2011 Mefiboset self het egter in Jerusalem gebly omdat hy in die paleis geëet het. Al twee sy voete was verlam.
Afrikaans 1933/1953 En Mefiboset het in Jerusalem gewoon, want hy het altyddeur aan die koning se tafel geëet; en hy was lam aan altwee voete.
Afrikaans 1983 Mefiboset, wie se voete gebreklik was, het in Jerusalem gebly, want hy het van toe af by die koning aan huis geëet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mefiboset het in Jerusalem bly woon, want hy was 'n gereelde gas aan die koning se tafel. Hy was kreupel; albei sy voete was misvormd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mefiboset het in Jerusalem gewoon, want hy het elke dag saam met die koning geëet. Altwee sy bene was verlam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) maar Mefiboset, wie se twee bene lam was, het in Jerusalem gebly sodat hy gereeld by die koning kon eet.