2 Samuel 9:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Mefiboset het 'n jong seun gehad met die naam van Miga. En almal wat in die huis van Siba gewoon het, was Mefiboset se dienaars. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mefiboset het ’n seuntjie met die naam Miga gehad. Van toe af was die hele huishouding van Siba dienaars van Mefiboset. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Mefiboset het 'n jong seun gehad met die naam van Miga, en almal wat in die huis van Siba gewoon het, was Mefiboset se dienaars. |
| Afrikaans 1983 | Mefiboset het 'n klein seuntjie gehad wie se naam Miga was. Die hele huishouding van Siba moes vir Mefiboset bedien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mefiboset het 'n jong seun gehad met die naam Miga. Al die bewoners van Siba se huis was Mefiboset se dienaars. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mefiboset het 'n klein seuntjie gehad. Sy naam was Mika. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mefiboset het ’n klein seuntjie gehad; sy naam was Miga. Al Siba se mense het vir Mefiboset gewerk, |