2 Samuel 9:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Siba vir die koning: Net soos my heer die koning sy dienaar beveel het, so moet u dienaar doen. Wat Mefiboset betref, sê die koning, hy sal aan my tafel eet soos een van die koning se seuns. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het geantwoord: “U dienaar sal doen soos u my beveel het.” Van daardie dag af het Mefiboset gereeld aan Dawid se tafel geëet asof hy een van Dawid se eie seuns was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Siba aan die koning: Net soos my heer die koning sy dienaar beveel, so sal u dienaar doen; en Mefiboset het aan die tafel van Dawid geëet soos een van die koning se seuns. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die koning geantwoord: “Ek is u onderdaan, ek sal doen net soos die koning my beveel het, en Mefiboset sal by u aan huis eet soos u eie kind.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Siba het die koning geantwoord: “Ooreenkomstig alles wat my heer die koning sy dienaar beveel, presies so sal u dienaar optree.” Mefiboset het toe aan sy tafel geëet, soos een van die koning se seuns. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Siba het vir die koning gesê: “Ek sal alles doen wat Meneer die koning vir my gesê het sodat Mefiboset saam met die koning kan eet soos die koning se eie seuns.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Siba sê toe vir die koning: “U Majesteit, ek sal alles doen wat u vir my gesê het.” Mefiboset het toe soos een van die koning se eie seuns gereeld in die paleis geëet. |