2 Samuel 9:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jónatan?
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n dag het Dawid gevra: “Is daar nog iemand van Saul se afstammelinge oor? Ek wil aan so iemand goeddoen ter wille van Jonatan.”
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het gesê: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jonatan?
Afrikaans 1983 Op 'n dag het Dawid gevra: “Het daar nie miskien iemand uit Saul se familie oorgebly nie? Ek sou hom graag onder my sorg wil neem ter wille van Jonatan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het gevra: “Is daar nog enigiemand oor van die huis van Saul, sodat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jonatan? ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het gevra: “Lewe daar nog iemand van die nageslag van Saul? Ek wil vir hom doen wat ek moet doen, want ek het dit vir Jonatan belowe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het vir die mense gevra: “Is daar miskien nog iemand van Saul se familie oor? Ek wil graag goeddoen aan so iemand omdat ek en Jonatan sulke goeie vriende was.”