2 Samuel 8:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het toe wagposte in Sirië van Damaskus aangestel, en die Arameërs het Dawid se slawe geword en geskenke gebring. En die HERE het Dawid bewaar oral waar hy gegaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het hy verskeie verdedigingsposte in Damaskus, die hoofstad van Aram, opgerig. Die Arameërs het Dawid se onderdane geword en belasting betaal. Oral waar hy gegaan het, het die Here vir Dawid die oorwinning laat behaal.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
Afrikaans 1983 Hy het militêre poste in die gebied Aram-Damaskus ingerig, en die Arameërs het aan hom onderhorig geword en moes aan hom belasting betaal. Die Here het Dawid die oorwinning laat behaal net waar hy gegaan het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het by die Arameërs van Damaskus wagposte geplaas. Die Arameërs het Dawid se onderdane geword en moes belasting betaal. Die Here het Dawid te hulp gekom oral waar hy gegaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het manne by die Arameërs van Damaskus laat bly om wag te staan. Die Arameërs moes vir Dawid werk en hulle moes belasting betaal vir hom. Die Here het vir Dawid gehelp oral waar hy gegaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het van sy eie soldate oral in die land van die Arameërs van Damaskus laat bly. Die Arameërs moes vir Dawid werk en aan hom belasting betaal. Dis die Here wat Dawid al hierdie oorloë laat wen het.