2 Samuel 8:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die Arameërs van Damaskus gekom het om Hadadéser, die koning van Soba, te help, het Dawid van die Arameërs twee-en-twintigduisend man gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadad-Eser, koning van Soba te help, maar Dawid het 22 000 van hulle doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadad,ser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee en twintig duisend man verslaan. |
| Afrikaans 1983 | Die Arameërs van Damaskus het vir koning Hadad-Eser van Soba te hulp gekom, maar Dawid het twee en twintig duisend man van Aram verslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Arameërs van Damaskus vir Hadad-Eser, die koning van Soba, te hulp kom, het Dawid twee-en-twintigduisend man uit Aram neergevel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Arameërs van Damaskus het gekom om vir koning Hadad-Eser van Soba te help, maar Dawid het hulle oorwin en hy het 20 000 van hulle manne doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Arameërs het van Damaskus af gekom om vir Hadad-Eser te help, maar Dawid het 22 000 van hulle soldate in die gevegte doodgemaak. |