2 Samuel 8:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het van hom duisend strydwaens en sewehonderd ruiters en twintigduisend voetgangers geneem;
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het 1 700 oorlogsperde en 20 000 voetsoldate van hom gevang. Hy het 100 perde vir homself gehou en die ander se hakskeensenings afgesny.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het van hom duisend sewe honderd perderuiters afgeneem en twintig duisend man voetgangers, en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
Afrikaans 1983 Van hom het Dawid sewentien honderd oorlogsperde en twintig duisend voetsoldate afgevat. Hy het perde vir honderd strydwaens uitgehou en al die ander se hakskeensenings afgesny.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het van hom eenduisend sewehonderd van die strydwabemanning en twintigduisend voetsoldate gevange geneem. Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgekap; hy het net honderd van die trekperde laat oorbly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het 1 700 manne op perde en 20 000 voetsoldate gevat van Hadad-Eser. Dawid het al die perde se hakskene laat afsny, die perde wat die oorlogkarre getrek het. Hy het net genoeg perde laat oorbly om 100 oorlogkarre te trek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het 20 000 van sy gewone soldate gevang en 1 700 van sy strydwaens afgevat. Hy het die hakskeensenings van die perde wat die strydwaens trek, laat afkap. Net 100 spanne van die perde het hy uitgehou.