2 Samuel 8:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het ook vir Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba, verslaan toe hy gegaan het om sy grens by die Eufraatrivier te herstel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het ook die magte van Hadad-Eser, seun van Regob, die koning van Soba, verslaan toe hy uitgetrek het om sy mag by die Eufraatrivier te versterk.
Afrikaans 1933/1953 Verder het Dawid Hadad,ser, die seun van Rehob, die koning van Soba, verslaan, toe die getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te herstel.
Afrikaans 1983 Toe Dawid sy mag aan die Eufraat gaan herstel het, het hy vir koning Hadad-Eser van Soba, seun van Regob, verslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het ook Hadad-Eser, seun van Regob, die koning van Soba, verslaan toe dié gegaan het om sy beheer oor die gebied langs die Eufraatrivier te herstel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het na die Eufraat-rivier gegaan om sy gedenksteen weer regop te sit. Hy het vir Hadad-Eser, seun van Regob en koning van Soba, oorwin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het Hadad-Eser, die koning van Soba, ook in ’n geveg gewen. Hadad-Eser was op pad om die grond wat hy langs die Eufraatrivier verloor het, te probeer terugkry. Hy was Regob se seun.