2 Samuel 8:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het Moab verslaan en hulle met 'n meetsnoer gemeet en hulle op die grond neergegooi; selfs met twee meetsnoere het hy gemeet om dood te maak, en met een volle lyn om in die lewe te hou. En so het die Moabiete Dawid se dienaars geword en geskenke gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het ook die land van Moab onderwerp. Hy het die mense langs mekaar in ’n ry op die grond laat lê en hulle met ’n tou in groepe afgemeet. Hy het twee lengtes gemeet om tereggestel te word en een om gespaar te word. Die Moabiete het aan Dawid onderhorig geword en aan hom belasting betaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet met 'n lyn deur hulle op die grond te laat lê: en hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe; en die Moabiete het Dawid se belastingpligtige knegte geword. |
| Afrikaans 1983 | Hy het ook die Moabiete verslaan. Hy het hulle groep-groep op die grond laat lê: twee groepe om te laat doodmaak vir elke volle groep wat toegelaat is om te lewe. Moab het onderhorig geword aan Dawid en moes aan hom belasting betaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook die Moabiete verslaan en hulle met 'n maatlyn afgemeet terwyl hy hulle op die grond laat lê het: Hy het twee maatlyne afgemeet om te bepaal wie doodgemaak moet word, en een volle maatlyn om te bepaal wie moet bly lewe. Die Moabiete het Dawid se onderdane geword en moes belasting betaal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het ook die Moabiete oorwin. Hy het hulle in rye langs mekaar op die grond laat lê en hy het die rye met 'n maatlyn gemeet. Hy het twee maal met die maatlyn gemeet en dan het hy die manne laat doodmaak wat daar gelê het. Dan het hy weer een maal met die maatlyn gemeet en hy het die manne laat lewe wat daar gelê het. Die Moabiete moes vir Dawid werk en hulle moes belasting betaal vir hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het ook die Moabiete gewen. Hy het hulle in rye op die grond laat lê. Hy het toe ’n meetlyn gevat en die rye gemeet. Die eerste en tweede groep onder die meetlyn is elke keer doodgemaak en die derde groep onder die meetlyn is gespaar. Die Moabiete wat oorgebly het, moes vir Dawid werk en aan hom belasting betaal. |