2 Samuel 8:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Benaja, die seun van Jójada, was oor die Kretiete sowel as die Pleti; en Dawid se seuns was owerstes.
Afrikaans (NLV) 2011 Benaja seun van Jojada was hoof oor die koning se Filistynse lyfwag. Dawid se seuns het as priesters opgetree.
Afrikaans 1933/1953 En Ben ja, die seun van Jojada, was oor die Kreti en die Pleti, en die seuns van Dawid was priesters.
Afrikaans 1983 Jojada se seun Benaja is aangestel oor die koning se Filistynse lyfwag. Dawid se seuns was priesters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en Benaja, seun van Jojada, was in bevel van die Kreti en Pleti. Dawid se seuns was priesters.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Benaja seun van Jojada was hoof van die soldate wat die koning moes oppas. Dawid se seuns was priesters.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Benaja, Jojada se seun, was aangestel oor die lyfwagte van Dawid. Dawid se eie seuns was ook priesters.