2 Samuel 8:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het wagposte in Edom aangestel; deur die hele Edom het hy garnisoene aangestel, en almal van Edom het Dawid se dienaars geword. En die HERE het Dawid bewaar oral waar hy gegaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het oral in Edom garnisoene geplaas sodat die hele Edom Dawid se onderdane geword het. Oral waar Dawid gegaan het, het die Here hom die oorwinning gegee.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
Afrikaans 1983 Hy het oral in Edom militêre poste ingerig, en die hele Edom het aan hom onderhorig geword. Die Here het Dawid die oorwinning laat behaal net waar hy gegaan het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het hy in Edom wagposte geplaas. In die hele gebied van die Edomiete het hy wagposte geplaas, en al die Edomiete het Dawid se onderdane geword. Die Here het Dawid te hulp gekom oral waar hy gegaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het manne by die Edomiete laat bly om wag te staan, oral in die land Edom, en al die Edomiete moes werk vir Dawid. Die Here het vir Dawid gehelp oral waar hy gegaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook van sy soldate in Edom laat bly. Al die Edomiete moes vir hom werk. Dit was die Here wat Dawid al sy oorloë laat wen het.