2 Samuel 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het hom 'n naam gekry toe hy teruggekeer het van die verslaan van die Arameërs in die Soutvallei, agttienduisend man.
Afrikaans (NLV) 2011 Na sy oorwinning oor Aram, het Dawid vir hom naam gemaak toe hy 18 000 Edomiete in die Soutvlakte verslaan het.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, in die Soutdal agttien duisend Edomiete verslaan het.
Afrikaans 1983 Na sy oorwinning oor Aram het Dawid vir hom naam gemaak toe hy agtien duisend man van Edom in die Soutvlakte verslaan het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het Dawid naam gemaak. Toe hy teruggekeer het nadat hy die Edomiete verslaan het in die Soutvallei – agttienduisend van hulle –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het beroemd geword toe hy 18 000 Edomiete in die Sout-vallei oorwin het. Hy het hulle oorwin nadat hy die Arameërs oorwin het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Dawid terugkom van al die gevegte af, het hy ook 18 000 Edomiete in die Soutvlakte in ’n geveg gewen. Dit het hom nog meer beroemd gemaak.