2 Samuel 8:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) van Aram en van Moab en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van Amalek en van die buit van Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was Aram, Moab, Ammon, die Filistyne en Amalek, asook van die buit van Hadad-Eser seun van Regob, koning van Soba.
Afrikaans 1933/1953 van die Arameërs en die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete en van die buit van Hadad,ser, die seun van Rehob, die koning van Soba.
Afrikaans 1983 naamlik Aram, Moab, Ammon, die Filistyne en Amalek. Hy het dieselfde gedoen met sy buit van koning Hadad-Eser van Soba, seun van Regob.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) van Aram, Moab, die Ammoniete, die Filistyne en die Amalekiete. Daarby was ook van die buit van Hadad-Eser, seun van Regob, die koning van Soba.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die silwer en goud van die Arameërs en Moabiete en Ammoniete en Filistyne en Amalekiete, en ook die goed wat hy gevat het van Hadad-Eser seun van Regob koning van Soba.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was die Arameërs, die Moabiete, die Ammoniete, die Filistyne, die Amalekiete en dan natuurlik ook die koning van Soba, Hadad-Eser, Regob se seun.