2 Samuel 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek was met jou waar jy ook al gegaan het, en Ek het al jou vyande uit jou aangesig uitgeroei en vir jou 'n groot naam gemaak soos die naam van die groot manne wat op die aarde is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was by jou oral waar jy gegaan het en Ek het al jou vyande vernietig. Ek het jou naam beroemd maak oor die hele aarde.
Afrikaans 1933/1953 en Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande voor jou uitgeroei; en Ek sal vir jou 'n groot naam maak soos die naam van die grotes wat op die aarde is;
Afrikaans 1983 Oral waar jy gegaan het, was Ek by jou; al jou vyande het Ek voor jou oë uitgedelg. Ek het jou so beroemd gemaak soos die grotes op die aarde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en Ek het al jou vyande voor jou uitgeroei. Ek sal vir jou 'n groot naam maak soos die naam van die grotes wat op aarde is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en Ék was by jou oral waar jy gegaan het. Ék het al jou vyande laat sterf en Ék het jou so belangrik laat word soos die belangrike konings op die aarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het jou gehelp oral waar jy gegaan het. Ek het al jou vyande voor jou weggevee en Ek het jou een van die beroemdste mense op aarde gemaak.