2 Samuel 7:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom moet jy dan nou vir my kneg Dawid sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek het jou uit die skaapstal geneem, agter die skape af, om heerser te wees oor my volk, oor Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gaan en sê nou vir my dienaar Dawid: ‘Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Ek het jou uit die weiveld, van agter die skape weggevat om oor my volk Israel te kom heers. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet jy dan nou aan my kneg, aan Dawid, sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk, oor Israel; |
| Afrikaans 1983 | “Nou moet jy vir my dienaar Dawid sê: So sê die Here die Almagtige: Ek het jou uit die weiveld agter die kleinvee weggevat om oor my volk Israel te heers. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so moet jy sê vir my dienskneg, vir Dawid, ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Ek is die Een wat jou uit die weiveld agter die kleinvee weggeneem het om 'n leier te wees oor my volk Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet jy vir my dienaar Dawid sê dat Ek, die Here wat oor alles regeer, sê: ‘Dit is Ék wat jóú weggeneem het uit die weiveld by die skape en bokke. Ék het jou daar weggeneem om koning te word oor my volk Israel, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daarom moet jy nou vir my getroue werker, vir Dawid, gaan sê wat Ek, die magtige Here, sê. Sê vir hom: ‘Ek self het jou agter die skape gaan haal om ’n leier vir my mense, die Israeliete, te wees. |