2 Samuel 7:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het in geen huis gewoon van die tyd af dat Ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie, maar in 'n tent en in 'n tabernakel gewandel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Vandat Ek die Israeliete uit Egipte gelei het tot nou toe het Ek nog nooit in ’n huis gewoon nie. My huis was ’n tentwoning wat van plek tot plek verskuif het.
Afrikaans 1933/1953 Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrek in 'n tentwoning.
Afrikaans 1983 Vandat Ek die Israeliete uit Egipte laat trek het tot nou toe het Ek nog nooit in 'n huis gewoon nie. Ek het in tent en tabernakel rondgeswerf
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het mos nie in 'n huis gewoon vanaf die dag dat Ek die Israeliete laat optrek het uit Egipte tot vandag toe nie. Ek het altyd rondgetrek in 'n tent en 'n •tabernakel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek vra dit, want Ek het nie in 'n tempel gewoon nie vandat Ek die Israeliete uit Egipte gebring het tot nou toe. Ek het saam met hulle rondgegaan in 'n tent of 'n tempel-tent.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) maar Ek het nog nooit in ’n huis gebly nie, van daardie tyd af wat Ek die Israeliete laat wegtrek het uit Egipte tot nou toe. Oral waar Ek gegaan het, was my woonplek ’n tent.