2 Samuel 7:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat dit U dan nou behaag om die huis van u kneg te seën, dat dit vir ewig voor u aangesig kan bestaan, want U, HERE HERE, het dit gespreek; en laat die huis van u kneg met u seën vir ewig geseën word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag U nou asseblief die huis van u dienaar seën sodat dit vir altyd voor U mag bestaan, want U, oppermagtige Here, het dit belowe. Met u seën sal die koningshuis van u dienaar vir altyd geseën wees!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat dit U dan nou behaag en seën die huis van u kneg, sodat dit vir ewig voor u aangesig kan wees; want U, Here HERE, het dit gespreek, en deur u seën sal die huis van u kneg vir ewig geseënd wees. |
| Afrikaans 1983 | Begin tog nou en seën die huis van u dienaar om vir altyd in u diens te wees! Here my God, U het gepraat en omdat U seën, is die koningshuis van u dienaar vir altyd geseën.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees dan nou bereid om die huis van u dienskneg te seën, sodat dit vir altyd voor U sal wees. U, Here, my Heer, het dit immers self gesê, en deur u seën sal die huis van u dienskneg altyd geseënd wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Begin nou asseblief en laat dit goed gaan met u dienaar se koningshuis, U moet altyd by die koningshuis wees. Want U, Here, my Here, het gepraat. U het gesê dit sal goed gaan, en daarom sál dit altyd goed gaan met die koningshuis van u dienaar.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak dan nou asseblief my koningshuis voorspoedig. Gee tog dat my nageslag altyd naby U sal wees. Groot Here, U het ’n belofte gemaak en as U ons help, sal dit altyd met ons goed gaan.” |