2 Samuel 7:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want U, HERE van die leërskare, God van Israel, het dit aan u kneg geopenbaar deur te sê: Ek sal vir jou 'n huis bou; daarom het u dienaar in sy hart gevind om hierdie gebed tot U te bid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Here, Almagtige, God van Israel, ek het die vrymoedigheid geneem om hierdie gebed tot U te bid, want U het bekendgemaak dat U ’n huis vir my sal bou! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want U, HERE van die leërskare, God van Israel, het die oor van u kneg geopen en gesê: Ek sal vir jou 'n huis bou; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om hierdie gebed tot U te bid. |
| Afrikaans 1983 | Here, Almagtige, God van Israel, U het nadruklik vir u dienaar gesê: ‘Ek sal vir jou 'n koningshuis vestig,’ en daarom het u dienaar die vrymoedigheid gehad om hierdie gebed tot U te rig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want U, Here, Heerser oor alle magte, God van Israel, het aan u dienskneg dit geopenbaar, en gesê, ‘'n Huis sal Ek vir jou bou.’ Daarom het u dienskneg die moed om hierdie gebed tot U te bid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want U, Here wat oor alles regeer, God van Israel, dit is U wat dit vir u dienaar gesê het. U het gesê U sal vir my 'n koningshuis bou. Dit is hoekom u dienaar hierdie gebed tot U kon bid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Magtige Here, God van Israel, U het tog self vir my gesê dat U vir my ’n huis sal bou. Dit is hoekom ek die moed gehad het om te bid soos ek gebid het. |