2 Samuel 7:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En laat u Naam tot in ewigheid groot wees deur te sê: Die HERE van die leërskare is die God oor Israel, en laat die huis van u kneg Dawid voor jou vasstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 sodat u Naam vir altyd geëer mag word. Mag daar gesê word: ‘Die Here, die Almagtige, is God van Israel!’ En mag die koningshuis van u dienaar Dawid in u teenwoordigheid vas bly staan.
Afrikaans 1933/1953 sodat u Naam groot kan wees tot in ewigheid deurdat hulle sê: Die HERE van die leërskare is God oor Israel; en die huis van u kneg Dawid sal voor u aangesig bestendig wees.
Afrikaans 1983 sodat u Naam vir altyd groot kan wees as daar gesê word: “ ‘Die Here, die Almagtige, is God van Israel.’ “Laat die nageslag van u dienaar Dawid voor U voortbestaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat u Naam vir ewig groot sal wees, en daar gesê sal word, ‘Die Here, Heerser oor alle magte, is God oor Israel.’ En wat die huis van u dienskneg Dawid betref, mag dit voor U in stand bly,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet altyd belangrik wees, en die mense moet sê: ‘Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, is God oor Israel.’ En die koningshuis van u dienaar Dawid moet altyd regeer en hulle moet vir U dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense sal dan altyd met groot respek van U praat en sê: ‘Die magtige Here is Israel se God.’ “En laat die koningshuis van Dawid u werker asseblief nie tot niet gaan nie.