2 Samuel 7:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, HERE God, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, bevestig dit vir ewig, en doen soos U gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 En nou, Here God, doen wat U belowe het oor my en my nageslag en bevestig dit vir altyd
Afrikaans 1933/1953 Laat dan nou, HERE God, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, in vervulling gaan tot in ewigheid, en doen soos U gespreek het;
Afrikaans 1983 En nou, Here God, bevestig tog vir altyd wat U oor u dienaar en sy nageslag gesê het. Doen tog soos U belowe het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here, God, doen dan nou die woord gestand wat U gespreek het oor u dienskneg en sy huis, vir altyd; doen wat U gesê het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En nou, Here, U het dinge belowe oor my, u dienaar, en oor my koningshuis. U moet nou daardie dinge waar laat word, dit moet nog lank so wees. U moet doen wat U gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nou vra ek, Here my God, dat U asseblief die belofte wat U gemaak het vir hierdie werker van U en vir sy familie, vir altyd waar sal maak; ja, dat U sal doen wat U gesê het U gaan doen.