2 Samuel 7:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom is U groot, HERE God, want daar is niemand soos U nie, en daar is geen God buiten U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom is U groot, HERE God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het. |
| Afrikaans 1983 | Daarom, groot is U, Here my God! Daar is niemand soos U nie. Buiten U is daar geen God nie, van hoeveel gode ons ook al gehoor het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, U is groot, Here, my Heer; ja, daar is niemand soos U nie. Daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons eie ore gehoor het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom, Here, my Here, U is groot, niemand is soos U nie. U alleen is God, ons weet nie van 'n ander God nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U is regtig groot, Here my God. Daar is niemand soos U nie, en behalwe U is daar geen god nie. Dit weet ons vir seker. |