2 Samuel 7:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit was nog 'n klein ding in u oë, HERE HERE; maar jy het ook nog lank oor die huis van u kneg gespreek. En is dit die manier van die mens, HERE HERE? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En selfs dit was vir U nog nie genoeg nie, oppermagtige Here, want U het ook gepraat van ’n toekomstige koningshuis vir u dienaar! Wat ’n belofte aan ’n mens, oppermagtige Here! |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit was nog te gering in u oë, Here HERE, sodat U ook aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek het; en dit is die wet vir mense, Here HERE! |
| Afrikaans 1983 | Selfs dít was vir U nog nie genoeg nie, Here: U het ook nog vir die nageslag van u dienaar tot in die verre toekoms beloftes gemaak. Wat 'n toesegging aan 'n mens, Here my God! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En asof dit nie genoeg is in u oë nie, Here, my Heer, het U ook oor die huis van u dienskneg gepraat, tot in die verre toekoms, en dit as voorskrif vir mense, Here, my Heer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En, Here, my Here, U het nog meer gedoen. U het ook nog gepraat oor u dienaar se koningshuis wat nog baie lank sal regeer. Dit, Here, my Here, is wat U gesê het moet gebeur met my, 'n mens. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Asof U nie al genoeg gedoen het nie, groot Here, het U toe ook nog aan my familie wat lank ná my kom, beloftes gemaak. Is dít wat U vir gewone mense soos ons wil sê, groot Here? |