2 Samuel 7:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het koning Dawid ingegaan en voor die aangesig van die HERE gaan sit en gesê: Wie is ek, HERE HERE? en wat is my huis dat U my tot hiertoe gebring het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het koning Dawid ingegaan en voor die Here gaan sit en gebid: “Wie is ek, oppermagtige Here, en wie is my nageslag dat U so baie vir my gedoen het? |
| Afrikaans 1933/1953 | Koning Dawid het toe ingegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, Here HERE, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het? |
| Afrikaans 1983 | Daarna het koning Dawid ingegaan en voor die Here gaan sit en gesê: “Wie is ek, Here my God, en wie is my nageslag dat U my só ver gebring het? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Dawid het toe ingegaan en voor die Here gaan sit. Hy het gesê: “Wie is ek, Here, my Heer; en wie is my huis dat U my tot hier gebring het? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Dawid het ingegaan in die tent en hy het voor die verbondskis gaan lê. Hy het gesê: “Here God, ek en my familie is nie belangrik nie. Hoekom het U so baie vir my gedoen? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Dawid het toe in die tent ingegaan en by die ark van die Here gaan sit. Hy het gebid: “Wie is ek, groot Here, en wie is my familie dat U my tot hier gebring het? |