2 Samuel 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wanneer jou dae vervul is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nageslag ná jou laat opstaan, wat uit jou ingewande sal voortkom, en Ek sal sy koninkryk bevestig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer jy sterf en by jou voorouers begrawe word, sal Ek een uit jou nageslag, jou eie seun, in jou plek koning maak en Ek sal sy koninkryk vas laat staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer jy te sterwe kom en jy by jou voorvaders rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom 'n bestendige koningskap gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer jou tyd aangebreek het en jy by jou voorvaders gaan rus, sal Ek jou nakomeling ná jou, hy wat uit jou liggaam sal voortkom, na vore laat tree, en Ek sal sy koningskap vestig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer jou tyd verby is en jy sterf, dan sal Ek een van jou eie seuns koning laat word, en hy sal lank koning wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer jy die dag doodgaan en begrawe word, sal Ek sorg dat jou eie seun koning word en Ek sal sorg dat hy lank koning bly. |