2 Samuel 7:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder sal Ek vir my volk Israel 'n plek aanwys en hulle plant, dat hulle in 'n plek van hul eie kan woon en nie meer wankel nie; en die kinders van goddeloosheid sal hulle nie meer verdruk soos tevore nie, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het my volk Israel ’n vaste woonplek gegee, en hulle daar gevestig. Dit is ’n veilige plek waar hulle nie weer gesteur sal word nie. Bose mense sal hulle nie onderdruk soos in die verlede, |
| Afrikaans 1933/1953 | en Ek sal vir my volk Israel 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie, |
| Afrikaans 1983 | Ek het 'n woonplek aan my volk Israel gegee en hom gevestig, sodat hy sonder vrees in sy plek kan woon. Slegte mense sal hom nie meer verdruk soos voorheen |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal vir my volk, vir Israel, 'n plek aanwys; Ek sal hom plant, en hy sal op sy plek woon en nie weer beef van angs nie. Skurke sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ék het vir my volk Israel 'n plek gegee om te woon, en hulle woon in hulle eie land. Niemand pla hulle nie, en slegte mense laat hulle nie meer swaarkry nie soos voorheen |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het vir my volk, vir Israel, ’n plek gegee waar hulle altyd kan bly. Niemand pla hulle meer nie, en daar is nie meer slegte mense wat hulle laat swaarkry soos vroeër |