2 Samuel 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die toorn van die HERE het teen Ussa ontvlam; en God het hom daar weens sy dwaling geslaan; en daar het hy gesterf by die ark van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe ontvlam die toorn van die Here teen Ussa en tref hom sodat hy daar langs die ark van God gesterf het.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het die toorn van die HERE teen Ussa ontvlam, en God het hom daar getref oor die vergryp, sodat hy daar by die ark van God gesterf het.
Afrikaans 1983 Die toorn van die Here het teen Ussa ontvlam en God het hom net daar, by die daad van heiligskennis, getref. Hy het op die plek gesterf, langs die ark van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die toorn van die Here het teen Ussa ontbrand, en God het hom net daar getref oor dié oneerbiedigheid. Hy het daar by die ark van God gesterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was 'n fout. Die Here het kwaad geword vir Ussa en Hy het vir Ussa daaroor gestraf. Ussa het daar by die kis van God gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het so kwaad geword vir Ussa oor hy so astrant was, dat Hy hom net daar doodgemaak het. Ussa het dood neergeslaan langs die ark van God.