2 Samuel 6:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid en die hele huis van Israel het voor die aangesig van die HERE gespeel op allerhande instrumente van sipreshout, op siters en op harpe en op tamboere en op kornete en op simbale. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid en al die mense van Israel het met oorgawe voor die Here gedans terwyl hulle sing en op allerlei musiekinstrumente gespeel het. Daar was liere, harpe, tamboeryne, ratels en simbale. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid en die hele huis van Israel het voor die aangesig van die HERE gespeel met allerhande instrumente van sipreshout, naamlik met siters en harpe en tamboeryne, en bekkens en simbale. |
| Afrikaans 1983 | Dawid en die hele Israel het uitbundig voor die ark van die Here gedans, begelei deur liedere, liere, harpe, tamboeryne, ratels en simbale. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid en die hele huis van Israel was uitbundig voor die Here met die klank van allerlei instrumente van sipreshout, en met liere, harpe, tamboeryne, sistrums en simbale. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid en al die leiers van Israel het voor die verbondskis gespeel op musiek-instrumente van sipreshout, op liere en harpe en ratels en simbale. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid en al die leiers van Israel het gedans en vir die Here op liere en harpe gespeel wat van sipreshout gemaak is, en op tamboeryne en ratels en simbale. |