2 Samuel 6:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die ark van God op 'n nuwe wa gesit en dit uit die huis van Abinadab wat in Gíbea was, gebring; en Ussa en Ahjo, die seuns van Abinadab, het die nuwe wa aangery. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die ark van God op ’n nuwe wa gelaai en dit uit die huis van Abinadab op die heuwel weggevat. Ussa en Agjo, die seuns van Abinadab, het die wa vergesel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die ark van God op 'n nuwe wa vervoer en dit uit die huis van Abin dab, wat op die heuwel is, gebring. Terwyl Ussa en Agjo, die seuns van Abin dab, die wa drywe, |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die ark van God op 'n nuwe wa gelaai en dit weggevat uit die huis van Abinadab op die heuwel. Ussa en Agjo, seuns van Abinadab, het die wa |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die ark van God op 'n nuwe wa gelaai, nadat hulle dit uit die huis van Abinadab, wat op die heuwel is, gedra het. Ussa en Agjo, seuns van Abinadab, het die nuwe wa begelei, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die kis van God uit die huis van Abinadab op die heuwel geneem en hulle het dit op 'n nuwe wa gesit. Ussa en Agjo, die seuns van Abinadab, het die beeste gedryf wat die wa getrek het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die ark van God uit die huis van Abinadab op die bult gedra en dit op ’n nuwe wa gelaai. Ussa en Agjo, twee kleinseuns van Abinadab, het saam met die nuwe wa geloop. |