2 Samuel 6:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek sal nog walgliker wees as so, en sal gering wees in my eie oë; en van die slavinne waarvan jy gespreek het, van hulle sal ek geëer word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En ek sal myself selfs nog meer verneder: Ek sal myself volgens jou siening nog geringer ag en steeds geëer word deur die slavinne van wie jy praat!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek sal my nog geringer ag as dit -- ek sal nederig wees in my eie oë en met die slavinne van wie jy gepraat het, met hulle sal ek myself eer. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal myself nog geringer ag as dit en nederig wees in my eie oë deur my by die slavinne van wie jy praat, waardig te gaan gedra.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | al verneder ek my nog verder. Ek mag laag daal in jou oë, maar by die slavinne waarvan jy gepraat het, by hulle wil ek graag geëer wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal my nog meer verneder en ek sal wys hoe onbelangrik ek is. Jy praat van hierdie slavinne, maar hulle sal aanhou om my te respekteer.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar weet jy, ek sal nóg laer gaan as wat ek vandag gegaan het: ek sal afgaan tot by dié meisies van wie jy gepraat het. Húlle sal van my hou.” |