2 Samuel 6:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir Migal: Dit was voor die aangesig van die HERE wat my voor jou vader en voor sy hele huis uitverkies het om my as owerste oor die volk van die HERE oor Israel aan te stel; daarom sal ek voor die aangesig van die HERE speel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het teruggekap: “Ja, ek het gedans voor die Here wat my bo jou pa en sy familie verkies het! Hy het my aangewys as heerser oor Israel, die volk van die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Dawid sê vir Migal: Voor die aangesig van die HERE wat my verkies het bo jou vader en bo sy hele huis, deur my as vors aan te stel oor die volk van die HERE, oor Israel -- ja, voor die aangesig van die HERE sal ek vrolik wees! |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir Mikal geantwoord: “Voor die Here wat my verkies het bo jou pa en sy familie deur my aan te stel as heerser oor Israel, die volk van die Here, ja, voor die Here sal ek dans. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het vir Migal gesê: “Dit was voor die Here, wat my gekies het bo jou pa en sy hele familie, deur my aan te stel as leier oor die volk van die Here, oor Israel. Ek sal voor die Here uitbundig wees, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir Mikal gesê: “Ek het gedans voor die Here wat my gekies en aangestel het om koning te wees oor sy volk Israel. Hy het nie jou pa en sy hele nageslag gekies nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het vir haar gesê: “Hoor hier, ek het vir die Here gedans omdat Hy my bo jou pa gekies het en bo enigiemand in jou pa se familie. Ek het gedans omdat die Here my die leier van sy volk, van Israel, gemaak het. |