2 Samuel 6:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dawid het toe teruggekeer om sy huisgesin te seën. En Migal, die dogter van Saul, het uitgegaan Dawid tegemoet en gesê: Hoe heerlik was die koning van Israel vandag, wat hom vandag ontbloot het voor die oë van die slavinne van sy dienaars, soos een van die nietige manne homself onbeskaamd ontbloot! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het by sy huis gekom om sy gesin te seën. Maar Mikal, Saul se dogter, kom hom tegemoet en sê sarkasties: “Hoe eerbiedwaardig het die koning van Israel vandag opgetree! Hy het homself voor die slavinne ontbloot en soos ’n skaamtelose mens gedra!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Dawid terugkom om sy huisgesin te seën, het Migal, die dogter van Saul, Dawid tegemoetgegaan en gesê: Hoe het die koning van Israel homself vandag geëer, dat hy homself vandag voor die oë van die slavinne van sy dienaars ontbloot het soos een van die ligsinnige mense hom somaar ontbloot! |
| Afrikaans 1983 | en Dawid het teruggegaan om sy gesin te seën. Saul se dogter Mikal het hom tegemoet gegaan en smalend gesê: “Hoe waardig het die koning van Israel hom vandag gedra! Hy het hom die heeldag voor die slavinne van sy onderdane ontbloot soos 'n onbeskaamde mens wat hom sommer ontbloot.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Dawid teruggaan om sy huisgesin te seën, het Migal, die dogter van Saul, Dawid buite tegemoetgegaan en gesê: “Hoe eerbaar het die koning van Israel hom vandag nie gedra nie! Dat hy hom vandag voor die oë van die slavinne van sy amptenare ontbloot het soos enige leeglêer hom sou ontbloot!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Dawid teruggaan om sy huisgesin te groet, het Mikal dogter van Saul na hom toe gekom en gesê: “Die koning van Israel het vandag 'n slegte ding gedoen. Jy het soos 'n dwaas amper kaal voor jou amptenare se slavinne gedans.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Dawid ook huis toe gaan om sy eie familie voorspoed toe te wens, het Mikal, Saul se dogter, uitgekom en ewe sarkasties gesê: “Ag, en het die koning van Israel nie vandag vir hom naam gemaak nie! Die meisies wat vir sy amptenare werk, het alles gesien! Hy was net soos ’n skorriemorrie wat sy klere voor meisies uittrek!” |