2 Samuel 6:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid het hom klaargemaak en saam met die hele volk gegaan wat saam met hom was van Baäl van Juda af, om die ark van God, wie se naam die Naam van die HERE van die leërskare is, wat tussen die gérubs woon, daarvandaan op te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy en al die mense by hom het na Baäla in Juda gegaan om die ark van God te gaan haal. Dit is die ark waaroor die naam “die Here, die Almagtige, wat oor die gerubs troon”, uitgeroep is.
Afrikaans 1933/1953 en Dawid het hom klaargemaak en met al die mense opgetrek wat by hom was, van B äle-Juda, om die ark van God, waaroor die Naam uitgeroep is, die Naam van die HERE van die leërskare wat op die g,rubs troon, daarvandaan te gaan haal.
Afrikaans 1983 Hy het klaargemaak en saam met die hele leër na Baäla in Juda toe gegaan om die ark van God te gaan haal. Dit is die ark waaroor die Naam: “die Here die Almagtige wat oor die gerubs troon”, uitgeroep is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid en al die manskappe wat by hom was, het toe gereedgemaak en na Baäla in Juda vertrek om daarvandaan die ark van God te bring, die ark waaroor die Naam uitgeroep is, die Naam van die Here, Heerser oor alle magte, wat troon op die gerubs.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy en al die manne het gereedgemaak en hulle het na die stad Baäl in Juda gegaan om die verbondskis daar te gaan haal. Dit is die kis van God, die kis wat sy Naam het, die Naam van die Here wat oor alles regeer. Sy troon is bokant die gerubs.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het saam met al hierdie manne na Baäla toe gegaan. Baäla is in Juda. Hulle het die ark van God daar gaan haal. Dis daardie beroemde ark, die een wat die troon van die magtige Here is. Die Here sit mos op die gerubs wat op die ark se deksel is.