2 Samuel 6:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het onder die hele volk, onder die hele menigte van Israel, sowel aan die vroue as mans, aan elkeen 'n koek brood en 'n lekker stuk vleis en 'n fles wyn uitgedeel. Toe het die hele volk elkeen na sy huis gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het hy aan die hele volk, vir elke man en vrou in Israel, ’n ringbrood, ’n dadelkoek en ’n bietjie rosyntjies gegee. Almal het toe huis toe gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | en aan die hele volk, die hele menigte van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen een broodkoek en een stuk vleis en een rosynekoek uitgedeel. Daarop het die hele volk elkeen na sy huis gegaan. |
| Afrikaans 1983 | Hy het aan die hele volk, die ganse menigte van Israel, man en vrou, elkeen 'n ringbrood, 'n bietjie dadels en 'n handvol rosyntjies laat uitdeel. Hierna is almal huis toe, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het aan die hele volk, die hele menigte van Israel, aan man en vrou, aan elkeen, 'n ringbrood, 'n dadelkoek en 'n rosynekoek uitgedeel. Daarna is die hele volk, elkeen van hulle, terug na sy huis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het 'n broodjie en 'n koek dadels en 'n koek rosyne vir elke vrou en elke man gegee. Hy het dit vir al die mense gegee, vir al die baie mense van Israel. Hulle het toe almal huis toe gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir elke Israeliet wat daar was, mans en vroue, ’n ringbroodjie en ’n hand vol dadels en rosyntjies gegee. Almal is daarna huis toe. |