2 Samuel 6:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Dawid klaar gemaak het met die aanbieding van brandoffers en dankoffers, het hy die volk geseën in die Naam van die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hy daarmee klaar was, het Dawid die volk geseën in die Naam van die Here, die Almagtige. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Dawid gereed was met die brandoffer en dankoffers, het hy die volk in die Naam van die HERE van die leërskare geseën |
| Afrikaans 1983 | Toe hy klaar geoffer het, het hy die volk geseën in die Naam van die Here die Almagtige. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Dawid die brandoffer en maaltydoffers klaar gebring het, het hy die volk geseën in die Naam van die Here, Heerser oor alle magte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het hy die Naam van die Here wat oor alles regeer, genoem en hy het die mense gegroet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat die mense geëet het, het Dawid hulle in die Naam van die magtige Here voorspoed toegewens. |