2 Samuel 6:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die ark van die HERE ingebring en dit op sy plek neergesit, in die middel van die tabernakel wat Dawid daarvoor opgeslaan het; en Dawid het brandoffers en dankoffers voor die aangesig van die HERE gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die ark van die Here neergesit in ’n tent wat Dawid spesiaal daarvoor laat opslaan het. Dawid het brandoffers en maaltydoffers vir die Here geoffer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nadat hulle dan die ark van die HERE ingebring en dit op sy plek neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het Dawid brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die ark van die Here ingebring en dit op sy bestemde plek neergesit in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het. Dawid het brandoffers en maaltydoffers vir die Here geoffer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die ark van die Here ingeneem en dit op sy plek neergesit binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het. Toe het Dawid •brandoffers en •maaltydoffers voor die Here gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het 'n tent laat opslaan vir die kis van die Here. Hulle het toe die kis gebring en hulle het dit neergesit op sy plek in die tent. Dawid het brand-offers en ete-offers vir die Here gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die ark ingevat en dit op ’n spesiale plek neergesit in ’n tent wat Dawid laat opslaan het. Dawid het daar by die tent offers verbrand en diere geslag vir die heilige ete. |