2 Samuel 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dawid wou dan nie die ark van die HERE vir hom na die stad van Dawid bring nie; maar Dawid het dit eenkant toe gebring na die huis van Obed-Edom, die Gittiet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid was toe nie meer bereid om die ark van die Here in die Dawidstad te laat inkom nie. Hy het dit eerder na die huis van Obed-Edom, die Gittiet geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom wou Dawid nie die ark van die HERE by hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar Dawid het dit na die huis van Obed-Edom, die Gittiet, laat wegdraai. |
| Afrikaans 1983 | Hy het nie kans gesien om die ark van die Here by die Dawidstad te laat inkom nie en het dit laat wegdraai na die huis van Obed-Edom toe wat uit Gat afkomstig was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid wou toe nie die ark van die Here na hom by die Stad van Dawid laat afdraai nie. Dawid het dit na die huis van Obed-Edom, 'n man uit Gat, laat wegdraai. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom het Dawid nie die kis na hom toe laat kom in die Dawidstad nie. Hy het gesê hulle moet die kis bring na die huis van Obed-Edom. Obed-Edom het van die stad Gat gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy wou toe nie meer die ark van die Here in die Stad van Dawid hê nie. Dawid het die wa laat wegdraai na Obed-Edom se huis toe, ’n man wat van Gat af gekom het. |