2 Samuel 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dawid het toe in die fort gaan woon en dit die stad van Dawid genoem. En Dawid het rondom gebou van Millo af en binnetoe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het toe die vesting sy tuiste gemaak en dit die Stad van Dawid genoem. Hy het verdere versterkings rondom gebou. Dit was vanaf die Milloterras in die rigting van die paleis. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het in die bergvesting gaan woon en dit die stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, van Millo af na die binnekant, gebou. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het in die vesting gaan woon en dit Dawidstad genoem. Sy bouwerke het gestrek van die terras af in die rigting van die paleis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het in die vesting gaan woon en dit die Stad van Dawid genoem. Dawid het rondom bouwerke opgerig, van die terrasse af na binne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het gaan woon in die stad wat sterk mure het en hy het dit die Dawidstad genoem. Hy self het geboue gebou, van die terrasse tot teen sy paleis. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het in die veilige plek met die muur om gaan woon. Hy het dit die Stad van Dawid genoem. Hy het daar rondom laat bou, van die keerwal af binnetoe. |